Meer Inligting oor Hunters Pride

Die Hunters Pride ontwikkeling is ‘n deeleienaarskap vakansieoord. Die huise verskil in grootte van 275m² tot 390m² afhangende van die aantal slaapkamers. Tenvolle ontwikkel, sal die Hunters Pride ontwikkeling bestaan uit 22 luukse huise versprei oor 20ha wat omhein is deur ‘n geelektrifiseerde Groot 5 wildheining binne ‘n 200ha plaas wat aan die Hunters Pride beheerliggaam behoort. Die 200ha gedeelte van Hunters Pride is in die Pride of Africa Natuur Reservaat wat deel vorm van die Dinokeng Groot 5 Natuurreservaat. Die Hunters Pride plaas is notarieël verbind met buurplase wat ewigdurende ry regte bied op 2600ha.

Die ontwikkelaar is vanaf 1968 betrokke by soortgelyke ontwikkelings waarvan die hoogs suksesvolle Pride of Africa ook deel vorm. Die landgoed word professioneel bestuur deur ‘n agent wat meer as 30 jaar ondervinding in die industrie het. Alles word vir die huiseienaar en aandeelhouer gedoen, ‘n ware toesluit en ry ervaring!

Ons is seker dat ons een van die min wettige deeleienaarskap ontwikkelings in die land is wat streng volgens die Shareblock Control Act 59/1980 handel. Daar is ook geen verbande op ons deeleienaarskap huise wat beteken dat daar geen risiko vir die kopers bestaan nie.
Hunters Pride in ‘n neutedop:
• In die hartjie van die Dinokeng Groot 5 Reservaat
• Die enigste park in Gauteng met vrylopende Groot 5
• Ultra luukse 2, 3 en 4 slaapkamerhuise
• Ten volle lugversorg
• DSTV in die leefarea asook slaapkamers
• Ten volle gediens 5 dae ‘n week vir jou gemak (slegs deeleienaarskap)
• Ten volle toegerus en gemeubeleer
• Aparte opwas area met alle toebehore
• Onderdak stoep, opelug boma
• Privaat, verhitte, buite borrelbad
• Staf akkomodasie
• Deeleienaarskap
• Alleen eienaarskap
• Sindikering deur groepe
• Begeleide wildsritte deur opgeleide personeel
• Kinder speelarea

Meer Inligting oor Hunters Pride